Winter uitreik na Groot Aub
Daar is onlangs ’n uitreikaksie na Groot Aub onderneem, waar daar onder andere meer as 200 komberse aan behoeftige inwoners oorhandig is.Volgens sameroeper Dieter Maree, is dié skenking moontlik gemaak ná Letshego Bank hand bygesit het.
“Die sop en vetkoek was heerlik vir ’n koue winteroggend en meer as genoeg om aan elkeen se behoefte te voorsien,” sê hy.
Daar is ook heelwat kleurvolle geskenkpakkies vir kinders uitgedeel, wat te danke aan die African Leadership Institute moontlik was.
“Vir die Tafelronde 154 wat gemeenskapswerk betref, is daar nie ’n groter bron van inspirasie nie,” het hy bygevoeg. “Dankie vir alles wat julle met ons deel.”
Voorts het hy Imago Dei (NG Kerk Eros) bedank vir hulle teenwoordigheid en die items wat hulle geskenk het, asook elkeen wat ’n speelding of ’n sakkie lemoene geskenk het, “of van daai lekker dik wintersokkies wat die grootmense so voor lief is of vir die diesel of toiletware betaal het”.
Volgende op die uitreikprogram is na Tsumkwe wat op 16 September sal plaasvind.
Diegene wat graag ’n bydrae wil lewer, kan Dieter kontak by 081 142 4066.