Afrika se Olimpiese medaljes in oënskou

Parys 2024
Tielman Van Lill
Van die 81 lande wat medaljes by die pas afgelope 2024 Olimpiese Spele in Parys opgeraap het, was elf Afrika-lande.
Drie lande van die SADC-streek naamlik Suid-Afrika, Botswana en Zambië tel onder die elf wat nege medaljes ingepalm het.
Kenia, Ethiopië, Botswana en Zambië is die enigste van die elf lande wat hul medaljes net deur atletiek verower het.
Kenia (17de algeheel) met elf medaljes is Afrika se toppresteerder by die Spele, gevolg deur Algerië en Suid-Afrika. Hoewel Suid-Afrika ses en Algerië drie medaljes ingepalm het, het Algerië een meer goue medalje as Suid-Afrika gewen en word dus tweede ná Kenia op die medaljetroon geplaas.
Afrika se totale medalje-oes beloop 38 wat 13 goud, 12 silwer- en 13 bronsmedaljes insluit.
Die vasteland se uiteensetting van podium-posisies:

1 Kenia (11 medaljes).
Atletiek (4 goud): Emmanuel Wanyonyi (800 meter), Faith Kipyegon (1 500 m vroue), Beatrice Chebet (5 000 m en 10 000). Silwer (2): Ronald Kwemoi (5 000) en Faith Kipyegon (5 000). Brons 5: Benson Kipruto (marathon), Abraham Kibiwot (3 000-hindernis), Mary Moraa (800), Hellen Obiri (marathon) en Faith Cherotich (3 000-hindernis vroue).

2 Algerië (3 medaljes).
Goud in gimnastiek vir Kaylia Nemour en in vroueboks vir Imane Khelif. Brons Djamel Sedjati (800 mans).

3 Suid-Afrika (6 medaljes).
Swem: Goud en silwer vir Tatjana Smith (100 en 200 m-borsslag). Atletiek: Silwer vir Jo-Ané van Dyk (spiesgooi) en 4x100 mans aflosspan. Sewesrugby (mans) brons. Bergfietsry Alan Hatherly brons.

4 Ethiopië (4 medaljes).
Atletiek: Goud Tamirat Tola (maraton mans) en silwer Tigst Assefa (maraton vroue). Silwer Berihu Aregawi (10 000 mans) en silwer Tsige Duguma (800 vroue).

5 Egipte (3 medaljes).
Goud Ahmed Elgendy (individuele moderne pentahlon). Silwer Sara Ahmed (gewigoptel). Brons Mohamed Elsayed (skerm).

6 Tunisië (3 medaljes).
Goud Firas Katoussi en brons Mohamed Khalil Jendoubi (taekwando). Silwer Fares Ferjani (skerm).

7 Botswana (2 medaljes).
Atletiek: Goud Letsile Tebogo (200) en silwer 4x400 mans aflos.

8 Uganda (2 medaljes).
Atletiek: Goud Joshua Cheptegei (10 000) en silwer Peruth Chemutai (3 000-hindernis vroue).

9 Marokko (2 medaljes).
Atletiek: Goud Soufiane El Bakkali (3 000-hindernis mans) en brons manssokker.

10 Ivoorkus (1).
Brons Cheick Sallah Cisse (taekwondo).

11 Zambië (1 medalje).
Brons in atletiek, Muzala Samukonga (400 mans).