Atlete ondersteun Oshakati voor Afrikaspele

Atletiek
Die atletiekprogram by die Afrikaspele in Ghana begin op 18 Maart.
Tielman Van Lill
Elvis Gaseb se oorwinning teen Mahmad Bock en Elton Hoeseb was een van die hoogtepunte van Atletiek Namibië se vyfde Grand Prix-byeenkoms vir die jaar wat Saterdagoggend op Oshakati afgehandel is.
Benewens die bedenklike toestand van die noordedorp se atletiekbaan was die afwesigheid van elektroniese tydhouding ook ’n faktor wat teen die deelnemers getel het.
Dit doen egter nie afbreuk aan Gaseb se oorwinning teen Hoeseb (wenner in Windhoek) en die nasionale rekordhouer Bock nie.
Dié drietal was onder verskeie deelnemers wat gekies is om Atletiek Namibië by die komende Afrikaspele in Ghana te gaan verteenwoordig.
Die vrouenaellopers Ndawana Haitembu, Johanna Ludgerus, Hanganeni Fikunawa en Jade Nangula is ook almal in die Namibiese span.
Van die voorste uitslae:
100 meter vroue: 1 Ndawana Haitembu (11.65 sekondes), 2 Johanna Ludgerus (12.18), 3 Hanganeni Fikunawa (12.36).
100 meter Paralimpiese vroue: 1 Lahja Ishitile (T11, 12.78), 2 Albertina Johannes (T46, 17.59).
100 meter mans: Elvis Gaseb (10.41), 2 Hatago Murere (10.67), 3 Elton Hoeseb (10.81).
100 meter Paralimpiese mans: 1 Bradley Murere (T46, 11.38), 2 Chris Kinda (T11, 11.54), 3 Marungu Kristoph (T12, 12.42).
200 m vroue: 1 Jade Nangula (25.30), 2 Hanganeni Fikunawa (26.34), 3 Julie-Ann Schuster (26.45).
200 m Paralimpiese vroue: Lahja Ishitile (T11, 27.56), 2 Lahja Iipinge (T12, 28.31).
200 m mans: 1 Hatago Murere (21.44), 2 Mahmad Bock (21.53), 3 Ezra Dos Santos (22.26).
200 m Paralimpiese mans: 1 Johannes Nambala (T13, 23.68), Leonard Amadhila (T12, 25.90), 3 Denzel Namene (T44, 26.04).
400 m vroue: 1 Tuuliki Angala (57.52 s), 2 Inosensia Haingura (58.42), 3 Perpetua Simataa (58.50).
400 m Paralimpiese vroue: 1 Lahja Iipinge (T12, 59.86), 2 Ndapewa Iipinge (T12, 66.26).
400 m mans: 1 Elvis Gaseb (46.1 s), 2 Mahmad Bock (46.3), 3 Elton Hoeseb (46.6).
400 m Paralimpiese mans: 1 Johannes Nambala (T13, 51.03), 2 Bradley Murere (T46, 53.89), 3 9 Kristoph Marungu (T12, 54.61).
800 m vroue: 1 Tuuliki Angala (2 minute 14.41 s), 2 Nyanyukweni Frans (2:16.69), 3 Linda Hailulu (2:19.70).
800 m mans: 1 David Dam (1:47.50), 2 Asser Nalukaku (1:51.07), 3 Mathew Angula (1:51.26).
1 500 m vroue: 1 Martha Shivolo (4:38.00), 2 Nyanyukweni Frans (4:47.69), 3 Shivomwene Shilongo (4:47.69).
1 500 m mans: 1 Tomas Rainhold (4:03.11), 2 Jonas Erastus (4:06.92), 3 Pavoo Eshiko (4:06.95).
1 500 m handfietsry: 1 Roodley Gowaseb (T54, 4:04.43), 2 Nico Kharuxab (T54, 4:49.00).
5 000 m vroue: 1 Martha Shivolo (17 minute 1.17 sekondes), 2 Shivomwene Shilongo (17:41.65), 3 Elizabeth Kalola (18:08.30).
5 000 m mans: 1 Tomas Rainhold (14:58.48), 2 Tofelus Lisias (15:01.22), 3 Simon Nakale (15:24.36).
5 000 m Paralimpiese mans: 1 Simon Andreas Simon (T12, 21:07.64), 2 Mateus Kambundu (T11, 21:44.55).
5 000 m handfietsry (T54): 1 Roodley Gowaseb (14:40.90), 2 Nico Kharuxab (16:38.18).
Gewigstoot Paralimpiese vroue: 1 Martha Nengola (F45, 6.08 meter), Johanna Hamukoto (F56, 4.80).
Gewigstoot mans: 1 Reginald Benade (F36, 9.49), 2 Lisia Mumbinda (9.28), 3 David Ndeilenga (9.22m).
Gewigstoot Paralimpiese mans: 1 Reginald Benade (F36, 9.49), 2 Immanuel Immanuel (F46, 7.63), 3 Flex Samuel (F13, 7.44).
Verspring vroue: Frieda Iithete (5.68 meter), 2 Hitjivirwe Hoveka (4.68), 3 Lucia Leonard (4.50).
Verspring mans: 1 Chenoult Lionel Coetzee (7.84), 2 Tomas Shikongo (7.10), 3 Mathew Hawala (6.38).
Diskusgooi vroue: 1 Martha Nengola (13.60 meter).
Spiesgooi mans: 1 Lisias Mumbinda (48.35 meter), 2 Kondjashili Paulus (43.40), 3 David Ndeilenga (41.26m).
Spiesgooi Paralimpiese mans: 1 Henrich Frans (T37, 36.10), 2 André Oosthuizen (F57, 12.27).
[email protected]