Dansers vat hul talent na China

Danssport
Namibië se breaking-brekers sal China aan die brand dans
Tielman Van Lill
Reg vir aksie! Vyf Namibiese break-dansers het gister vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Wixu in China vertrek waar hulle aan die Wêrelddanssportvereniging se Wêreldjeugkampioenskap in breaking gaan deelneem. Die span word deur Alta Hill en Yannis Beukes van Danssport Namibië vergesel en keer Maandag terug. Van links is Pelagia Zimny (17), Anne-leen Thorburn (18), Alta Hill, Julian Schiebler (16), Christiaan Stassen (15) en Yannis Beukes. Foto verskaf