Fasiliteit help 'n Olimpiese watersport

‘n Opwindende onlangse ontwikkeling vir die swemgemeenskap sodra die wintermaande verbyskuif, is die duikplank wat by die munisipale swembad in Olympia geïnstalleer is. Nasfed (Namibia Aquatic Sport Federation) sluit die duiksporte by sy portefeulje in en sien daarna uit om duikers vir Namibië te ontwikkel, soos in die 1960’s en 1970’s die geval was. Die duikplatform open ‘n nuwe hoofstuk vol moontlikhede vir die watersport wat ook Olimpiese status geniet. Foto verskaf