Gallina gaaf met jaagduiwels

Motocross
Met vier kompetisies oor kan die aanspraakmakers op sommige kategorieë steeds verander.
Tielman Van Lill
Die vyfde ronde van die Namibiese MX-kampioenskap by die Gallina-baan noord van die hoofstad, het Saterdag opnuut ondersteuners met ‘n puik kompetisie bederf.
Die 50 cc-afdeling is deur Carter Bouwer ingepalm wat al drie renne vir die dag opgeraap het. Delmar du Plessis (tweede) en Maximillian Skutsch (derde) is deurgaans deur Markus Pack gejaag.
Carter (369 punte), Markus (298), Maximillian (292) en Delmar (265) is tans die voorlopers in die kampioenskap.
In die 65 cc-klas het De Wet du Plessis al drie renne gewen met Oliver Mathews tweede en Markus Pack derde. Oliver spog na dese met 335 kampioenskapspunte, Markus met 298 en De Wet met 293, terwyl Paul Mans (283) kort op hul hakke.
Khian Kotze (eerste), Leander Metzger (tweede) en Patrick Geiger (derde) het die 85 cc-afdeling totaal en al met strawwe mededinging oorheers. Die trio het in al drie renne in die aangeduide volgorde geëindig.
Die nasionale puntestand is Khian (369), Connor Bouwer (298), Christopher Still (281), Patrick Geiger (243).
Leander (204) het nie aan twee byeenkomste deelgeneem nie en kan met vier kompetisies oor steeds sy posisie verbeter.
Juan de Vos, die vlieënde vos (eerste vir die dag), het Saterdag twee van die renne in die junior 125 cc-klas ingepalm, terwyl Gero Friederich (tweede) hom in die eerste ren geklop het. Jarno Metzger het met ‘n bestendige vertoning die derde posisie ingeneem.
Puntestand: Juan de Vos (356), Gero Friederich (336), Bjorn Kebbel (269), Marco Lindemeier (258), Jarno Metzger (249).

Ander uitslae van Saterdag
Vroue: 1 Zoë Waldschmidt, Ronja Friederich, 3 Abigail Still. Puntestand: Zoë (372), Gabrielle Still (272), Ronja (264), Abigail (199), Maike Bochert (150).
Klubmans: 1 Killian Ham, 2 JF van Eeden, 3 JC Lochner. Punte: Lourens du Plessis (262), JF (168), Lochner (164), Sonny Wittreich (141), Gino Meyer (50).
Veterane: 1 Heiko Stranghöner, 2 Sigi Pack, 3 Olaf Pack. Punte: Sigi (366), Olaf (192), Ronald Geiger (160).
Ope: 1 Mark Sternagel, 2 Rigo Wolf, 3 Tony Viljoen. Punte: Mark (375), Rigo (330), Tony (297), Tertius Joubert (231).
Die King of the Dirt-resies het ‘n lekker groot veld met 16 voortsnellende jaers gehad om die dag se aksie af te sluit. Mark Sternagel, Juan de Vos en Heiko Stranghöner het onderskeidelik eerste, tweede en derde die geruite vlag ontvang.
Totale King of the Dirt-punte: 1 Mark Sternagel (125), 2 Juan de Vos (105), 3 Gero Friederich (99), 4 Sigi Pack (92), 5 Rigo Wolf (85), 6 Bjorn Kebbel (77), 7 Jarno Metzger (74), 8 Tony Viljoen (63), 9 Marco Lindemeier (61), 10 Tertius Joubert (48), 11 Olaf Pack (46), 12 Ronald Geiger (24), 13 Zoë Waldschmidt (21), Heiko (20), 14 Markus Muller (14), 15 Gino Meyer (12), Jaco Huisamen (12), Jorg Stranghöner (11).
[email protected]