Harmse skitter met twee kontinentale rekords

Curling
Die Namibiese Icestocksportvereniging het laas naweek by die DTS-sportklub sy vierde jeugkampioenskap in die Skotse yssport bekend as “curling” aangebied.
Cobus Harmse se vertoning was besonder indrukwekkend, toe hy twee Afrika-jeugrekords in “curling” opgestel het.
Sy eerste rekord was met 166 punte op die somer-oppervlak, waarmee hy ook sy titel as Namibiese teikenskietkampioen in die onder-30 ouderdomsklas verseker het.
Harmse se totaal van 284 “stock”-punte in die twee rondtes (118 en 166) is ook ‘n nuwe Afrika-rekord. Tweedebeste was Max Feilmeier met ‘n sterk vertoning (264) waarmee hy selfs in ‘n stadium tydens die belissende tweede rondte die voorloper was.
Beide Harmse en Feilmeyer het ‘n goeie kans om vir die volgende wêreldkampioenskap (Maart 2025 in Oostenryk) te kwalifiseer.
Harmse was ook die wenner in beide die o.23 teikenskiet- en solokompetisies, met Feilmeyer tweede en Adolf Garoeb derde.

Jong talent
Die vereniging se direkteur vir jeugontwikkeling, Denzel Awoseb, was verheug dat ‘n totaal van agt spelers (seuns en meisies) in die o.18-kompetisie meegeding het. Die kampioenskap het opwindende mededinging en goeie tellings opgelewer wat volgens Awoseb groot belofte vir die sport se toekoms inhou.
Die jongste deelnemer, Ricardo Pieters (15), het ‘n groot verrassing gelewer deur met ‘n telling van 72 punte die o.18-teikenskiet te wen. Tweede was Jaydien Garoeb (66 punte) en derde Johnny-Boy Hoebeb (62).
In die finaal van die solo-kompetisie het die twee groepwenners, Laude Adams en Queendeline Gowaseb, mekaar die stryd aangesê. Adams het met ‘n indrukwekkende vertoning (9-0) die titel beklink.
Die kategoriewenners:

O.30 teikenskiet
1 Cobus Harmse, 118+166=284
2 Max Feilmeier, 120+144+266
3 Norbert Kiberiti, 84+79=163
4 Lefranco Uirab, 70+54=124
5 Richard Haoseb, 54+69=123

O.30 solokompetisie
1 Cobus Harmse 10 punte
2 Norbert Kiberiti 8 punte
3 Max Feilmeier 6 punte
4 Denzel Awoseb 4 punte
5 Richard Haoseb 2 punte

O.18 teikenskiet
1 Ricardo Pieters 72 punte
2 Jaydian Garoeb 66 punte
3 Johnny-Boy Hoebeb 62 punte
4 Queen Gowases 48 punte
5 Shouen Beukes 41 punte

O.18 solokompetisie
1 Lauda Adams, 2 Queendeline Gowases, 3 Jaydian Garoeb, 4 Queen Gowases, 5 Johnny-Boy Hoebeb.