Hokkie se Zim-toer vra bydraes

Afgelope Vrydag se episode van NTV se braai- en sportgeselsprogram Gooi Kole het insig gebied op die Namibiese senior mans- en vroueveldhokkiespanne se komende toer na Zimbabwe, waar beide vir die Afrikabekertoernooi kan kwalifiseer. Ons gas en braaier was twee van die nasionale spanne se voorste doelskieters, Azaylee Philander en Fagan Hansen. Saam met hulle is die programaanbieders Andrew Poolman, Anoesga Routh en Brian Munango. Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) se toerspanne onder die kapteinskap van DJ Strauss en Gillian Hermanus is reeds aangekondig en die beheerliggaam het ‘n “Back a Player” veldtog van stapel gestuur waarin die publiek geldelik tot die toerkoste kan bydra. Skandeer die kode om die episode te kyk, of besoek die skakel https://q.my.na/9O7B/ Nuwe episodes word Vrydae regstreeks om 12:00 op NTV en https://oneuptwo.com/ntv gebeeldsend.