Hoofstad gaan kook met opwindende gaste

Inlynskaatshokkie
Vanaf onder-ses tot die professionele afdeling met spelers van agt lande, is 'n opwindende skouspel in die vooruitsig.
Tielman Van Lill
Die sesde Internasionale Afrika-inlynskaatshokkiebeker sal Windhoek vir die eerste keer vanaf 15 tot 18 Augustus met blitsige aksie by die Deutscher Turn und Sportverein in Olympia asook by die Skouterrein vermaak.
Die Africa Cup Inline Hockey Championship is in 2017 op die been gebring as ’n jaarlikse byeenkoms (afgesien van 2020 en 2021 se inperkings), wat reeds een keer by die MTC Dome in Swakopmund aangebied was.
In die verlede het meer as 250 spelers van Namibië, Suid-Afrika, Switserland,?Engeland, Duitsland, die VSA, Kanada, Frankryk, Australië, Brasilië, Mexiko en Italië by die byeenkoms hul vernuf uitgestal.
Dave Hammond is die stigter en hooforganiseerder van die kompetisie.
“Ons het topgehalte internasionale spelers wat professioneel inlynskaatshokkie speel wat met afrigtingsklinieke gaan help. Die gratis klinieke word op 18 Augustus aangebied. Vanjaar is vyf internasionale skeidsregters van verskillende nasionaliteite hier, en vir die eerste keer ‘n vroulike skeidsregter van Spanje.
“Die wedstryde in nege verskillende afdelings (vanaf onder-ses tot die professionele afdeling) begin daagliks om 09:00 en eindig teen 17:00. Al die finale sal op die Sondag afgehandel word. Die kampioenskap beloof om soos in die verlede opnuut puik spel en baie opwinding te lewer.
“Ons is baie opgewonde om ons fantastiese borge te bedank dat hulle hierdie geleentheid 'n werklikheid maak. Jul steun beteken die wêreld vir ons en ons kan nie wag om alles bymekaar te sien kom vir 'n onvergeetlike toernooi nie. Hierdie is epiese samewerking en dit sal 'n Afrika-beker wees om te onthou!”

Gasspelers van oorsee
Kanada: Jaimie Visser, Dave Hammond, Brent Story, Xavier Torrie, Jeremy Torrie.
Frankryk: Paul Larcher, Eddy Wegrzyn, Sebastiaan Marpeau.
VSA: Kevin Mooney, Charles Baldwin, Eric Baldwin.
Mexiko: Julián Avilés, Iovanni Avilés.
Spanje: Pol Jansa Sierra.
Duitsland: Vinzent Marker.
Italië: Manilo Mandolfo.
Brittanje: Theo Rooke.
Die oorsese doelwagters is John-Luke Prstayko (Kanada), Jorge Guadarrama en Sebastian Avilés (Mexiko) en Patrick Pugliese (VSA).
Skeidsregters van oorsee: Andrew Crowther (Australië), Marc Stromberg (Duitsland), Saray Velasco (Spanje), Joel Louer (VSA) en Tark Sunghyun (Korea).

Die borge
Connect People To People, Pama Golden Knights Academy, Transworld Cargo (Pty) Ltd Namibia, Seapride Foods, Chameleon Safaris Namibia, Las Vegas Private Self-catering Camp Namibia, Auas Motors, Deutscher Turn und Sportverein, Kamikaze Inline Hockey, Badgers Inline Hockey, Hollard Namibia, OSH-Med international, GH Sports CC, Signarama, DMA Yachting, TEAMLTD, OTB Sport, Sports Facilitation, Coca-Cola Namibia, Chameleon Holidays and Travel, Pro Camp Gear Rental, Game Changer Hockey, ABE, Camp Nevada, Stilmat, Hilltop Village/Demushuwa Property Developers.
[email protected]