Kwaai Gobabis-bul gluur vir tydrenjaers

Motorsport
Die M&Z JAC Gobabis-tydren oor 101.2 km sal sy gebruiklike opwinding vir motorsportkykers lewer.
Tielman Van Lill
Gobabis-motorklub sal komende Saterdag die gasheer vir die vierde been van die Namibiese tydrenkampioenskap in en om Gobabis wees.
Die mees onlangse byeenkoms was die Tara-tydren in Junie. Sedertdien het die stofduiwels meer as genoeg tyd gehad om hul vuurwaens te vertroetel.
Die vooruitsigte dat die spreekwoordelike bul van die Omahekestreek egter weer ‘n paar spanne in die gewilde saamtrek teëspoed gaan gee, is nie te betwyfel nie.
Met vyf V8-aangedrewe veldvoertuie op die spyskaart sal die agtsilinders van Ekko Eisenberg, Chrizelda Engels, Rian Kritzinger, Ewald Bisschoff en Loic Bathfield opnuut groot byval by die plaaslike wedrengeesdriftiges vind.
Die eerste span spring 10:00 vir die eerste van tien sneltrajekte by Dries weg en die laaste sneldeel kan moontlik teen 16:34 begin.
Die inskrywings wat tot gister ontvang was (bestuurders eerste, navigators tweede):
1 Ekko Eisenberg en Horasio Rietz (CR1-klas).
2 Ruaan Viviers/Cecil Koorts.
3 Zachary Martin/Anique Schoeman (S2).
4 Chrizelda Engels/Ruan de Lange (CR1).
5 Rian Kritzinger/MP Pretorius (CR2).
6 Jaco Redelinghuys/Derek Jacobs (S4).
7 Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (CR1).
8 Stefanie Botha/Amanda Hugo (S4).
9 Loic Bathfield/Johan Steyn (CR2).
10 Lofty/Damion.
11 Wido Bartsch/Raymond Fourie (S2).
12 Werner Bartsch/Christel Fourie (CR2).
13 Pieter Greeff/JP Robinson (S1).
14 Rudie/Booysen.
15 J. Oosthuizen/W. Beukes.
16 Paul Ackerman/Werner Kauert (CR2).

Trajekte, begintye en afstande
SS1 Dries 1 (10:00) 11.18 kilometer.
SS2 Lughawe 1 (10:20) 8.47 km.
SS3 MX 1 (11:20) 21.29 km.
SS4 Omateko 1 (11:50) 3.84 km.
SS5 Dries 2 (12:45) 11.18 km.
SS6 Lughawe 2 (13:00) 8.47 km.
SS7 MX 2 (14:15) 21.29 km.
SS8 Omateko 2 (14:50) 3.84 km.
SS9 Nywerheidsgebied 1 (15:36) 5.82 km.
SS10 Nywerheidsgebied 2 (16:34) 5.82 km.
[email protected]