Land se 21 atlete vir Afrikaspele in Accra

Atletiek
In dié Olimpiese jaar is atlete en beamptes van ongeveer 54 Afrika-nasies tans in rep en roer vir die 13de Afrikaspele.
Tielman Van Lill
Die Namibiese atletiekspan van 14 mans en sewe vroue is aangewys wat hul land tussen 8 en 23 Maart in Accra by die Universiteit Ghana-stadion sal verteenwoordig.
Behalwe atletiek, sal die Afrika-kroon vir sewesrugby ook by dieselfde stadion beslis word.
Die pas voltooide ultramoderne Borteyman-sportkompleks van U$D145 miljoen in Accra, sal tien van die 26 sportdissiplines huisves. By die kompleks sal handbal, judo, karate, taekwando, pluimbal, boks, vlugbal, gewigoptel, swem en tennis afgehandel word.
Namibië se kanse lyk ongelukkig bitter skraal om in Ghana atletiekmedaljes teen Afrika se bestes te wen. Die vasteland het atlete wat by die 2023 Atletiekwêreldkampioenskap in Boedapest presteer het.
Die aanslag van atletieklande soos Kenia (10 medaljes, 3 goud), Ethiopië (9, 2 goud), Uganda (2 goud), Marokko (1 goud) en Nigerië sal genadeloos wees. Hoewel Suid-Afrika in Boedapest nie aan verwagtinge voldoen het nie, kan Namibië se suidelike buurman nie buite rekening gelaat word nie. Atletiek Suid-Afrika sal beslis ’n swaargewigspan stuur.
Daniel Paulus (halfmarathon), Ryan Williams (diskusgooi) en Chenoult Lionel Coetzee (verspring) is moontlik die land se beste hoop vir ’n podiumposisie.
Vir die jong turke soos Elton Hoeseb, Tuané Silver, David Dam, Coenraad Kühn, Mahmad Bock en Williams sal die Spele uitstekende blootstelling en ondervinding vir die toekoms bied.
Volgense sy tye in 2024, is Bock ongelukkig tans ver benede peil. Hy het maar nog eers onlangs sy terugkeer tot atletiek gemaak nadat hy verlede jaar uitsluitlik op sy werkloopbaan gefokus was.
Die Namibiese span met persoonlike beste en seisoensbeste vir 2024 in hakies:

NAMIBIË-SPAN (VROUE)
100 & 200: Sadé de Sousa (11.48, 24.54), 2024 (onbekend).
Ndawana Haitembu (11.68, 24.80), 2024 (11.81, 23.97).
Jade Nangula (12.15, 24.11), 2024 (11.96, 24.64).
400: Napuumue Hengari (59.97), 2024 (57.23).
800: Angala Tuuliki (2:14.13), 2024 (2:14.12).
Gewigstoot: Tuané Silver (15.95, Namibiese rekord), 2024 (onbekend).
Hoogspring: Chrislene Klein (1.73), 2024 (1.65).

NAMIBIË-SPAN (MANS)
100 & 200: Gilbert Hainuca (10.16, 20.91), 2024 (10.43, 20.95), Elvis Gaseb (10.45, 21.11), 2024 (10.63, 21.36), Hatago Murere (10.58, 20.74), 2024 (10.73, 21.29).
200 & 400: Ivan Danny Geldenhuys (21.18, 45.93), 2024 (47.24), Elton Hoeseb (21.12, 47.99), 2024 (21.45, 46.52).
400: Mahmad Bock (21.11, 45.80 Namibiese rekord), 2024 (22.15, 47.08).
400 & 400-hekkies: André Retief (46.17, 50.86), 2024 (onbekend).
800: David Dam (1:48.63), 2024 (1:49.23).
5 000: Simon Paulus (14:06.36). 2024 (onbekend).
5 000 & halfmarathon: Daniel Paulus (13:53.12, 1:01:10 Namibiese rekord), 2024 (onbekend).
Gewigstoot: Coenraad Kühn (15.32 m), 2024 (17.10, ewenaar Namibiese rekord). Leeorr-el Breytenbach (16.06 m), 2024 (onbekend).
Diskusgooi: Ryan Williams (61.15 m, Namibiese rekord), 2024 (onbekend).
Verspring: Chenoult Lionel Coetzee (8.27 m, Namibiese rekord), 2024 (8.06).

BESTE IN AFRIKA VANJAAR (VROUE)
100: Olayinka Olajide (11.37 sekondes) en Chisom Onyebuchi (11.50) Nigerië, Tsaone Sebele (11.54) Botswana, Milcent Ndoro (11.57) Kenia, Kayla la Grange (11.57) Suid-Afrika.
200: Favour Ofile (22.87) Nigerië, Kayla la Grange (23.36) SA, Adijatu Sule (23.37) Nigerië, Natacha Ngoye Akamabi (23.41) Kongo, Success Umukoro (23.42) Nigerië.
400: Mary Moraa (51.97) Kenia, Vimbayi Maisvoreva (52.42) Zimbabwe, Ella Onojuvwevwo (52.53) Nigerië, Milcent Ndoro (52.74) Kenia, Esther Joseph (53.01) Nigerië.
800: Habitam Alemu (1 minuut 57.86 sekondes) Ethiopië, Halimah Nakaayi (1:59.15) Uganda, Tsige Duguma (1:59.66), Worknesh Mesele (1:59.93) en Tigist Girma (2:00.51), al drie Ethiopië.
Hoogspring: Temitope Adeshina (1.96 m) Nigerië, Rose Yeboah (1.88) Ghana, Fatoumata Balley (1.84) Guinee, Zeddy Chongwo (1.75) Kenia, Kevine Kouoche (1.75) Kameroen.
Gewigstoot: Miné de Klerk (17.79 m) en Zonica Lindeque (16.35), beide van RSA, Onome Ogbeni (15.71) Nigerië, Odile Ahouanwanou (15.35) Benin, Carine Mékam (15.30) Gaboen.

BESTE IN AFRIKA VANJAAR (MANS)
100: Emmanuel Ekanem (10.10) Nigerië, Claude Itoungue Bogognie (10.03) Kameroen, Retshidisitswe Mlenga (10.26) RSA, Ismail Kamara (10.28) Sierra Leone, Enoch Adegoke (20.28) Nigerië.
200: Tapiwanashe Makarawu (20.29) Zimbabwe, Claude Itoungue Bogognie (20.31) Kameroen, Tarsis Orogot (20.34) Uganda, Ferdinand Omanyala (20.46) Kenia, Collen Kebinatshipi (20.52) Botswana.
400: Ezekiel Nathaniel (45.45) en Dubem Amene (45.75), beide Nigerië, David Kapirante (45.84) Kenia, Lucky Luthwisha (45.97) SA, Hossam Hatib (46.02) Marokko.
400-hekkies: Keitumetse Maitseo (50.59) Botswana, William Mutunga (50.97), Meshack Baraka (51.31) en Kipkorir Rotich (51.48) al drie Kenia, Tshotlego Frecky (51.60) Botswana.
800: Abdelati El Guesse (1:45.28) Marokko, Mohamed Gouaned (1:45.35) Algerië, Tshepiso Masalela (1:45.56) Botswana, Koitatoi Kidali (1:45.72) en Alex Kipngetich (1:46.1) beide Kenia.
5 000: Adriaan Wildschutt (12:56.76) RSA, Edwin Kurgat (12:57.52) en Amon Kemboi (13:06.30 ) beide Kenia, Peter Maru (13:17.86) Uganda, Athanas Kioko (13:18.44) Kenia.
Halfmarathon: Bravin Kiprop (59 minute 21 sekondes), Kibiwott Kandie (59:22) en Roncer Kipkorir Konga (59:28) al drie Kenia, Dinkalem Ayele (59:30) Ethiopië, Richard Etir (59:32) Kenia.
Verspring: Jovan van Vuuren (7.99 m) SA, Zayed Latif (7.76) Marokko, Norman Chibane (7.66) Botswana, Charles Godfred (7.65) Nigerië, Leonard Botia (7.60) Kameroen.
Diskusgooi: Lucien Wangba (52.30) Kameroen, Benson Maina (49.52) Kenia, Timothee Lengani 47.22) Burkina Faso, Adebayo Faforiji (46.93) Nigerië, Pieter de Villiers (46.57) SA.
Gewigstoot: Chukwuebuka Enekwechi (21.14 m) Nigerië, Mohamed Hamza (20.91) Egipte, Kyle Blignaut (20.52) SA, Franck Elemba (19.48) Kongo, Chris van Niekerk (18.47) SA.
[email protected]