Meaden, Hartmann topenkelspelers

Rolbal
Tielman Van Lill
Windhoek-rolbalklub het laas naweek sy enkelspelkampioenskap in die hoofstad aangebied, waar Truda Meaden en Karl Hartmann onderskeidelik as dié klub se vroue- en mans-enkelspelkampioene bekroon was.
Meaden het teen Val Gallagher in die finaal oorheers, terwyl Hartmann vir Gert Koekemoer in die eindstryd uitgeskakel het.
Meaden en Hartmann het dus die reg verwerf om op 31 Augustus en 1 September aan die Namibiese Rolbalvereniging se Kampioene van Kampioene toernooi in die hoofstad deel te neem.
Enkelspelkampioene van die Swakopmund-rolbalklub, Walvisbaai-rolbalklub, Tsumeb-rolbalklub, United-rolbalklub, Eros-rolbalklub en Omeya-rolbalklub sal teen Meaden en Hartmann kompeteer.
Vir meer inlifting kan die klub by [email protected] gekontak word.