Moerat lei nuwe Bok-span teen Portugal

Rugby
Gavin Rich
Salmaan Moerat, kaptein van die DHL Stormers, sal die Springbokke vir die eerste keer aanvoer in Saterdag se enigste toets teen Portugal by die Toyota-stadion in Bloemfontein.
Bloemfontein sal vir die tweede keer in die bestek van twee jaar 'n wedstryd vir die Bokke aanbied. Die vorige toets in Bloemfontein was teen Wallis in 2022.
Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, het gestand gedoen aan sy belofte om die wedstryd te gebruik om sy soeke na talent uit te brei. Die Springbokke sal Saterdag met 14 veranderinge op die veld draf in vergelyking met die dramatiese tweede toetsnederlaag teen Ierland.
Daar is drie debutante in die beginspan en sewe potensiële nuwe gesigte in die 23-tal. Die enigste speler het laas Saterdag in die tweede Ierland-toets in Durban begin het en wat sy begintrui behou, is die vleuel Kurt-Lee Arendse.
Moerat se slotmaat sal RG Snyman wees. Saterdag se wedstryd sal Moerat se sewende verskyning vir die Bokke wees. Hy het ook van die bank af teen Ierland gespeel.
Die nuwelinge in die beginspan het almal in die Verenigde Rugbykampioenskap hul staal getoon en lyk na ‘n interessante mengsel. Die Vodacom Bulls-duo van loskopstut Jan-Hendrik Wessels en haker Johan Grobbelaar sak op voorry, terwyl Phepsi Buthelezi van die Hollywoodbets Sharks op oopkantflank gekies was.
Indien die Stormers-haker André-Hugo Venter opgestuur word, volg hy in die spore van sy pa André wat in 66 toetse as flank of slot vir die Bokke vanaf 1996 tot 2001 gespeel het.

Die Bokspan teen Portugal:
1 Jan-Hendrik Wessels (Bulls), 2 Johan Grobbelaar (Bulls), 3 Thomas du Toit (Bath), 4 Salmaan Moerat (Stormers), 5 RG Snyman (Leinster), 6 Phepsi Buthelezi (Sharks), 7 Ben-Jason Dixon (Stormers), 8 Evan Roos (Stormers), 9 Cobus Reinach (Montpellier), 10 Manie Libbok (Stormers), 11 Makazole Mapimpi (Sharks), 12 André Esterhuizen (Sharks), 13 Lukhanyo Am (Sharks), 14 Kurt-Lee Arendse (Bulls), 15 Aphelele Fassi (Sharks).
Reserwes: 16 André-Hugo Venter (Stormers), 17 Ntuthuko Mchunu (Sharks), 18 Trevor Nyakane (Sharks), 19 Ruan Venter (Lions), 20 Elrigh Louw (Bulls), 21 Morné van den Berg (Lions), 22 Sacha Feinberg-Mngomezulu (Stormers), 23 Quan Horn (Lions).
– SuperSport