MTC-liga laat voetspoor landwyd
Vlugbal
Die Namibië Vlugbalfederasie is gereed vir 'n belangrike seisoen wat deur die afskop van die nasionale liga Saterdag ingelui word, met die steun van die reeks se hoofborg MTC.In ooreenstemming met die NVF se vernaamste strategiese doelwitte, is die strewe dat die MTC nasionale liga bydra om ‘n omwenteling in die landskap van vlugbal in Namibië te revolusioneer.
Dit sal die eerste weergawe van die liga wees met die hoogste gerekende agt mans- en agt vrouespanne wat sake uitspook.
Die spanne kom van oraloor die land se agt streekverenigings.
Die openingswedstryde van die MTC nasionale liga vind Saterdag en Sondag by die Skougronde in Windhoek plaas.
Namate die jaar vorder, sal die MTC-liga deur die land reis, met toernooie wat ook in Mariental, Rundu, Katima, Otjiwarongo, Ondangwa en Swakopmund geskeduleer is.
Die federasie is optimisties dat hierdie wydverspreide voetspoor help verseker dat vlugbalentoesiaste van elke uithoek die kans kry om die opwinding van wedstryde van naderby te aanskou.
Hillary Dux Imbuwa, president van die Vlugbalfederasie, het MTC geloof vir die borgskap.
“Afgesien van sportgebied, streef die MTC-liga om 'n tasbare impak op die gemeenskap te maak, deur paaie te skep vir groei, bemagtiging en blywende nalatenskap van Namibië Vlugbal Federasie.
“Deur 'n platform te bied vir spelers om hul talente ten toon te stel, maak die liga deure oop vir nuwe geleenthede, beide op en van die baan.
"Bowendien poog die MTC-liga om 'n kultuur van inklusiwiteit en kameraadskap te bevorder, deur spelers, ondersteuners en belanghebbendes te verenig in 'n gedeelde passie vir vlugbal," het Imbuwa gesê.
Terwyl die NVF en MTC kragte saamsnoer in die nasionale liga nooi die federasie die nasie uit om saam te staan agter hierdie ambisieuse inisiatief.
"Laat ons saam die gees van sportmangees, uitnemendheid en eenheid vier wat Namibiese vlugbal definieer," sê die federasie in 'n verklaring.
• Saterdag se program:
Baan A: NDF-R 01 Unam-HH (mans) om 10:00; gevolg deur Khomas Nampol tn Nampol Otjozondjupa (mans); gevolg deur Unam-HH tn Keetmanshoop (mans); Namibia Correctional Services tn Khomas Nampol (mans).
Baan B: Keetmanshoop tn Coastal Warriors (mans) om 10:00, gevolg deur Namibia Correctional Services tn Calvary Eagles (mans); Coastal Warriors tn NDF-R (mans); NNVC tn Beaufort (vroue); Nampol Otjozondjupa tn Calvary Eagles (mans).
Baan C: Khomas Nampol tn BBVC (vroue), gevolg deur Kudos tn SVC (vroue); Revivals tn Nampol Otjozondjupa (vroue); Ball Busters tn Six Stars (vroue); Khomas Nampol tn Kudos (vroue).