Nande wen NAGU Oostelike Ope

Gholf
’n Nuwe kampioen is Saterdag in die Namibiese Amateur Gholfunie (NAGU) se Oostelike Ope-kampioen by die Gobabis-gholfklub bekroon.
Likius Nande het die bruto kampioenskap gewen, met Gabriel Shikodi sy naaste opposisie. terwyl Frans Katjimune die beste netto-telling behaal, voor die naaswenner Stefanus Bonifatius.
Die A- en B-afdelings is oor 36 putjies meegeding, terwyl die C-afdeling en vroue oor 18 putjies gespeel is.
Die wenner van die B-afdeling was JC van Niekerk, in die C-afdeling Johny Lewis en vrouewenner was Ester van Taak.
Klubvoorsitter Johny Lewis sê al was die baan in 'n goeie toestand, het die spelers dit nie maklik gevind nie. “Hierdie kompetisie is nie net 'n toets van die spelers se gholfvaardighede nie, maar ook 'n toets van uithouvermoë. Die tellings oor die laaste nege putjies was dikwels, maar steeds het die fikser spelers goed deurgekom.”
Die Gobabis-klubkaptein, Anta Derks, het haar blydskap uitgespreek oor die aantal deelnemers, maar reken meer vroue moet gholf speel en die Oostelike Ope ondersteun, aangesien die spelers punte verdien het vir die keuse vir die Namibiese span.
“In hierdie tyd waar dit moeilik is om borge te vind, bedank ons vir Headspring Investment wat hierdie toernooi moontlik gemaak het. As gholfspelers kan ons sport nie sonder borge gespeel word nie, vandaar ons opregte dank aan Headspring Investments,” het die NAGU-president Toady Gurirab gesê.