NFBAA sluit jaar propvol prestasies en rekords af

Hengel
'n Baber van meer as 30 kilogram was een van die hoogtepunte vir die federasie in die afgelope jaar.
Brian Munango
Die Namibië Varswater Oewerhengelvereniging (NFBAA) het die naweek sy jaarafsluitingsfunksie en prysoorhandiging by die Windhoek Buiteklub gehou, aangebied deur X-Treme Hengelklub.
Die NFBAA se A-liga is vanjaar deur Eagles se A-span gewen, wat met 192 punte sake teen Hook It A (381, tweede) en X-Treme A (derde met 429) oorheers het.
Die B-liga se kampioenspan vir 2024 is Eagles B (606 punte), wat voor Hook It B (971, tweede) en die Eagles C-span (1039) klaargemaak het.
Bertie Kotze, 'n lid van die X-Treme-klub, het gesê: “Een van die hoogtepunte van hierdie jaar was sekerlik die baber wat Boeta van Niekerk gevang het, van meer as 30 kg. Dit moet een van die grootstes wees wat nóg in Namibiese waters gevang is.”
Ander wenners was soos volg.
Penkoppe, swaarste skubvis: S-Wee Loubser (karp van 5.18 kg).
Juniors, swaarste skubvis: Bre-Ann Jenkens (karp van 5.80 kg).
Vroue, swaarste skubvis: Marinda Moolman (karp van 4.80 kg).
Meesters, swaarste skubvis: Boeta van Niekerk (karp van 6.15 kg).
Mans, swaarste skubvis: Leon Diedericks (karp van 5.80 kg).
Penkoppe, swaarste baber: Jandre Gelderblom junior (10.09 kg).
Juniors, swaarste baber: MC Steynberg (16.00 kg).
Vroue, swaarste baber: Nicolette van der Westhuizen (16.12 kg – Namibië-vrouerekord).
Meesters, swaarste baber: Boeta van Niekerk (30.15 kg – Namibië-rekord).
Mans, swaarste baber: Gerhard van Niekerk (20.45 kg).
Penkoppe, swaarste sak: Leon Diedericks junior (22.72 kg).
Juniors, swaarste sak: Jorick Muir (40.40 kg).
Vroue, swaarste sak: Petro van Zyl (24.82 kg).
Meesters, swaarste sak: Bertie Kotze (62.88 kg
Mans, swaarste sak: Leon Diedericks (70.72 kg).
Swaarste moddervis: Marius Maree (1.48 kg).
Swaarste kurper: Morne Prenn (2.00 kg).
Beste hengelpare (sones): pa en seun Bertie Kotze (52) en Iwan Kotze (33).

INDIVIDUELE KAMPIOENE
Penkoppe-kampioen: 1 S-Wee Loubser (162 punte), 2 Leon Diedericks junior (205), 3 Ariana Gubiani (228).
Junior kampioen: 1 Francois du Toit (127 punte), 2 MC Steynberg (131), 3 De Wet van Niekerk (160).
Veteranekampioen: 1 Bertie Kotze (52 punte), 2 Andries Blaauw (62), 3 Boeta van Niekerk (66).
Vrouekampioen: 1 Anina Barnard (88 punte), 2 Sarita Taljaard (112), 3 Ina Muir (120).
Manskampioen: 1 Morne Prenn (28 punte), 2 Iwan Kotze (33), 3 Francois Badenhorst (34).