NIIHA-jeugspanne op toer in Spanje

Inlynhokkie
Namibië sal met 'n span in elk van die ouderdomsgroepe onder 8, o.10, o.12 en o.14 meeding.
Andrew Poolman
Iets groots is op die punt om te gebeur in Igualada in die sentrale deel van Spanje, naamlik die Sparta Kids 2024 internasionale inlynhokkietoernooi.
Die inspirasie van die geskiedenis, die verhaal van die slag van Thermopiles. Tydens hierdie geveg het 300 Spartane deur die verloop van 'n paar dae weerstand teen 10 000 Perse gebied. Volgens die legende sou Leonidas vir sy Spartane gesê het: “Xerxes het baie manne, maar geen soldaat nie.”
Op dieselfde manier streef Sparta Kids om die beste spelers en inlyn hokkiespanne vanoor die wêreld byeen te bring in ‘n arena waarin net die bestes meeding en net die mees waardiges staande bly, soos die Spartane.
Namibië, op grond van sy vorige prestasies, is opnuut genooi om aan vanjaar se Sparta Kids internasionale toernooi vanaf vandag tot Sondag 31 Maart deel te neem.
Namibië sal met 'n span in elk van die ouderdomsgroepe onder 8, o.10, o.12 en o.14 meeding.
Die spankeuses is gedoen by wyse van proewe waarin alle spelers welkom was om deel te neem. Die vier spanne word deur hoofafrigter Nadia Schmidt en die Namibiese nasionale speler Christiaan Coetzee gelei word.
Die Namibiese teenwoordigheid by Sparta Cup Kids spog met 100 mense – van wie 43 spelers, tesame met familielede en ondersteuners wat die jong ambassadeurs gaan aanmoedig en motiveer!
Dié ongelooflike poging is deur twee besondere spanbestuurders gereël, naamlik Wiebke la Barré en Stephanie Giersch.
Dit is 'n wonderlike geleentheid vir ons spelers om internasionale ervaring op te doen, hul vermoëns uit te brei en hul gemaksone uit te daag. Dis ‘n belegging in die toekoms van Namibiese Inlynhokkie wanneer hul selfvertroue en ondervinding terug in die plaaslike toernooie geploeg word, wat die spelstandaard vir alle spanne sal verhoog.
Die spelers kan ondersteun word deur hul vordering te volg op die Facebook-bladsy van die Namibia Ice- and Inline Hockey Association. Skakels na aanlyn regstreekse beeldsending van hul wedstryde sal indien beskikbaar ook daar gedeel word, asook gereelde uitslae en statistiek.