NSSR-spanne spook vir die topposisies

Skolerugby
Van die groter of kleiner skole van die hoofstad of die platteland het kans gekry om hul aanspraak op die uitklopfase te beproef.
Phillipus Josef
Die Hage Geingob-stadion was ‘n middelpunt vir rugbyspanne van hoërskole van oor die hele land met die proses van uitskakeling in die kwarteindrondte van die Standard Bank NSSR-ligas.
In die ouderdomsgroepe onder-14, onder-15, asook die onder-19’s met eerste, tweede en derde spanne is Vrydag en Saterdag uitgespeel om ‘n verdere aanspraak op hul onderskeie ligas te behou.
‘n Hoër standaard van intensiteit is vereis om die opposisie te omseil vir kwalifiseerders vir die semifinale wat komende naweek voorlê.
Ouers en ondersteuners van die betrokke skole het ‘n mengsel van oorheersende vertonings en naelskraapse hou-vir-hou mededinging aanskou, met hoogtepunte en verrassende uitslae op beide dae.
Die tafel is gedek vir selfs meer opwindende semifinale komende naweek by dieselfde venue – wat die terugkeer vir die halfeindbotsings tussen die agt spanne in die o.19 premierliga insluit.
Die uitslae:

VRYDAG
(Onder-14B) Dr Lemmer klop Windhoek Affies B, 41-17.
(Onder-15B) WHS B klop Hoërskool De Duine 12-3.
(Onder-15B) Windhoek Gimnasium B klop Walvisbaai Gimnasium 31-8.
(Onder-15A) Walvisbaai Privaatskool klop WHS 24-17.
(Onder-19C) WHS III klop Dr Lemmer II, 43-13.
(Onder-19C) M&K Gertze II klop Dawid Bezuidenhout I, 25-24.
(Onder-19B) HTS Warthogs I klop Dr Lemmer I, 36-8.

SATERDAG
(Onder-15B) Dr Lemmer klop Grootfontein 23-15.
(Onder-15B) Elnatan klop Tsumeb Gimnasium 40-0.
(Onder-15A) Roots Gimnasium klop Okahandja Skole 59-10.
(Onder-19B) M&K Gertze I klop Grootfontein I, 59-12.
(Onder-15A) Pro-Ed Akademie klop Paresis Skole 19-18.
(Onder-19C) SS Swakopmund I klop Suiderlig I, 21-19.
(Onder-19B) De Duine klop Keetmanshoop Privaatskool 23-20.
(Onder-19B) PK de Villiers I klop Duinesig I, 25-22.