Oman wag met onbekende span in Al Amerat

Krieket
Die Eagles-afrigter Pierre de Bruyn se opsies lyk ietwat beperk rakende aanvangskolwers vir die reeks teen die VSA en Oman.
Tielman Van Lill
Die eerste driehoekige mini-toernooi vir 2025 van die ICC se Krieketwêreldbeker Liga 2-reeks (2024-2027) begin Saterdag in Al Amerat, Oman, in die gasheerspan teen Namibië en die VSA opgeweeg sal word.
Die Namibiese Richelieu Eagles se eerste eendagwedstryd is komende Saterdag teen die VSA. Namibië sal volgende Maandag in hul eerste van twee ontmoetings teen Oman met ‘n relatief onbekende span te doen kry.
Net Jatinder Singh, Shakeel Ahmad en Jay Odera is van die meer gereelde spelers in die tuisspan se geledere. Die VSA-span bevat op die oog af geen verrassende insluitings nie; die Yanks het by hul beproefde 2024-resep gehou.
Namibië spog met Gerhard Erasmus as die hoogste geplaaste assosiaatkolwer op die huidige ODI-ranglys. Die Eagles het vier kolwers op die ranglys, Oman ses en die VSA twee.
Michael van Lingen sal ongelukkig nie as deel van Namibië se kolflys in Oman wees nie, nadat hy reeds meer as 400 lopies sover in die reeks behaal het. Nog twee opsies as aanvangskolwer, Lo-han Louwrens (onbeskikbaar weens persoonlike verpligtinge) en Niko Davin (werk), toer ook nie saam nie, wat ‘n oënskynlike kwesbaarheid in die Eagles se kolfmondering laat.
JP Kotzé het loshande die meeste ondervinding teen die nuwe bal, met JC Balt, Malan Kruger en Shaun Fouché wat ook al tevore kans gekry het.
Die draaibalbouler, Bernard Scholtz, is die topgekeurde bouler uit lande met ICC assosiaatstatus; hy deel die vyfde posisie op die wêreldranglys vir eendagkrieket saam met die Proteas-draaier Keshav Maharaj.
Namibië het vier boulers op dié ranglys, hoewel Tangeni Lungameni ook nie vir die Oman-toer gekies is nie.
Gerhard Erasmus is wel 81ste van die boulers op die ranglys saam met Glen Maxwell van Australië. Hopelik gaan hy vanjaar meer boul en sal beslis spronge na die bo-punt van die ranglys maak.

KOLWERS, huidige ODI-ranglys
28ste Gerhard Erasmus (Namibië, 41 kolfbeurte, 1 957 lopies van 2 427 balle, gemiddeld 38.37; kolftempo 80.63 persent).
44 Monank Patel (VSA, 58, 1 948, 2 391 b, 33.58, 81.47%).
47 Michael van Lingen (Namibië, 39, 1 318, 1 429 b, 33.79, 92.23%).
61 Aqib Ilyas (Oman, 30, 1 234, 1 645 b, 41.13, 75.01%).
74 Aaron Jones (VSA, 48, 1 600, 2 235 b, 33.33, 71.58%).
77 Jatinder Singh (Oman, 52, 1 403, 1 931 b, 26.98, 72.65%).
83 JJ Smit (Namibië, 37, 965, 1 253 b, 26.08, 77.01%).
87 Nicol Loftie-Eaton (Namibië, 36, 923, 1 195 b, 25.63, 77.23%).
87 Zeeshan Maqsood (Oman, 47, 1 273, 1 891 b, 27.08, 67.31%).
93 Ayaan Khan (Oman, 38, 1 072, 1 427 b, 28.21, 75.12%).
94 Kashyap Prajapati (Oman, 36, 1 048, 1 404 b, 29.11, 74.64%).
100 Shoaib Khan (Oman, 31, 843, 1 006, 27.19, 83.79%).

BOULERS, huidige ODI-ranglys
5de Bernard Scholtz (Namibië, 53 wedstryde, 70 paaltjies vir 1 579 lopies, ekonomie 3.41 per boulbeurt).
20ste Saurabh Netravalkar (VSA, 55, 88/1 965, ekon. 4.08).
32 Nosthush Kenjige (VSA, 51, 58/ 1 765, ekon. 4.26).
43 Kaleemullah (Oman, 46, 42/1 482, ekon. 4.33).
58 Ruben Trumpelmann (Namibië, 38, 63/1 462, ekon. 4.72).
62 Bilal Khan (Oman, 49, 101/ 2 118, ekon. 5.06).
65 Zeeshan Maqsood (Oman, 46, 58/1 575, ekon. 4.25).
69 Tangeni Lungamene (Namibië, 31, 46/ 1 109, ekon. 4.54).
77 Shakeel Ahmed (Oman, 7, 17/186, ekon. 2.81).
81 Gerhard Erasmus (Namibië, 38, 38/ 1000, ekon. 4.38 ).

VEELSYDIGE SPELERS, huidige ODI-ranglys
6de Gerhard Erasmus / 10 Zeeshan Maqsood (Oman) / 20 Bernard Scholtz / 33 Nosthush Kenjige (VSA) / 42 Steven Taylor (VSA) / 51 JJ Smit / 55 Ayaan Khan (Oman) / 61 Aqib Ilyas (Oman) / 67 Ruben Trumpelmann / 77 Jan Frylinck / 77 Kaleemullah (Oman) / 93 Saurabh Netravalkar (VSA) / 100 Bilal Khan (Oman).

Spelers op die ODI-ranglyste word met * aangedui.
NAMIBIË se toergroep (bevestig): *Gerhard Erasmus (kaptein), *JJ Smit, *Ruben Trumpelmann, *Bernard Scholtz, *Nicol Loftie-Eaton, Jan Frylinck, JP Kotzé, Zane Green, Shaun Fouché, Malan Kruger, JC Balt, Jack Brassell, Dylan Leicher, Ben Shikongo, Jack Brassell, PD Blignaut, Jan-Izak de Villiers.
OMAN (bevestig): *Jatinder Singh (kaptein), Aamir Kaleem, Mohammed Nadeem, Hammad Mirza, Wasim Ali, Sufyan Mehmood, Ashish Odera, *Shakeel Ahmad, Jay Odera, Samay Shrivastava, Vinayak Shaukla, Hashir Dafedar, Hassnain Ali Shah, Muhammed Imran, Siddharth Bukkapatnam.
DIE VSA (bevestig): *Monank Patel (kaptein), Andries Gous, *Aaron Jones, Milind Kumar, Smit Patel, Shayan Jahangir, Saiteja Mukkamalla, Sanjay Krishnamurthi, Harmeet Singh, *Nosthush Kenjige, Yasir Mohammad, Jessy Singh, Shadley van Schalkwyk, Juanoy Drysdale, *Saurabh Netravalkar.
[email protected]