Ongos Valley bou stadion vir 30 000 mense
Infrastruktuur
Ongos Valley, aan die noordwestelike buitewyke van die hoofstad, het die ontwikkeling van 'n omvattende sportdorpie en sportstadion aangekondig.Die bekendstelling is bygewoon deur sportminister Agnes Tjongarero, haar adjunk Emma Kantema-Goamas, Laura Macleod-Katjirua (goewerneur van Khomasstreek) en George Simaata, sekretaris van die kabinet.
Reagon Graig, voorsitter van Ongos Valley, sê die rasionaal vir die belegging in sportinfrastruktuur spruit uit 'n diepgaande begrip van die veelvuldige voordele wat sport vir individue, gemeenskappe en die nasie as geheel kan inhou.
“Belegging in sportinfrastruktuur is noodsaaklik vir die bevordering van gemeenskapswelstand, die bevordering van nasionale trots en die bevordering van ekonomiese groei.”
Die hoofargitek van die projek, Brynard Kotze, sê die stadionontwikkeling sal Namibië se vermoë ten toon stel om moderniteit met tradisie te verbind.
“Die projek sal ons vermoë beklemtoon om projekte van wêreldklas aan te pak. Dis 'n verhoog vir die aanbieding van internasionale sport- en kultuurgeleenthede, die ontwikkeling van die boustene van ons jeug en toekoms," het hy gesê.
Die middelpunt van die sportdorpie sal die Ongos Valley sportstadium wees, wat ontwerp is om meer as 30 000 toeskouers te akkommodeer.
In ooreenstemming met die wêreldbeheerliggaam FIFA se tegniese standaarde, sal die stadion 'n moderne sokkerveld, 'n atletiekbaan met nege bane, asook vele fasiliteite om aan beide nasionale en internasionale vereistes te voldoen.
Tydens die bekendstelling is die Ongos Valley Stadium Ambassadors-program ook bekendgestel waarin voormalige en huidige nasionale sportsterre die Stadion Development-projek in verskeie hoedanighede sal verteenwoordig.
Ricardo Mannetti, sportdirekteur vir Ongos Valley, het die behoefte beklemtoon om die toewyding van voormalige en huidige sportsterre te vier om die toppunt van hul onderskeie sportsoorte te bereik.
Die eerste stel ambassadeurs wat vir die stadionprojek aangekondig is, was die uitgetrede wêreldkampioen- en Olimpiese naelloper Frank Fredericks, die sokkersterre Peter Shalulile, Lovisa Mulunga, Collin Benjamin, Sandro de Gouveia en Zenatha Coleman; huidige en voormalige Wêreldbeker-rugbyspelers Prince !Gaoseb en Uakazuwaka (Wacca) Kazombiaze, asook die gewese en huidige nasionale hokkiekapteins Magreth Mengo (wat tans voorsitter van die Namibiese Boksbeheerraad is) en DJ Strauss.
Tjongarero het beklemtoon dat die stadion- en sportdorpie-konsep nie net vir elite-atlete is nie.
“Hierdie is vir elke jong seun en meisie wat daarvan droom om Namibië op die wêreldverhoog te verteenwoordig,” het Macleod-Katjirua afgesluit. Sy het 'n opregte dankbetuiging gerig aan die ontwikkelaars en professionele konsultante wat by die ontwikkeling van die konsep betrokke is.
? [email protected]