Punjab beklink reeks met vyf teen een

Krieket
JJ Smit, Lo-han Lourens, JP Kotzé, Gerhard Erasmus en Zane Green het tydens die reeks ligpunte met die kolf gelewer.
Tielman Van Lill
Die Richelieu Eagles het gister uiteindelik sukses gesmaak in die vyfde en laaste eendagwedstryd van die Castle Lite-reeks teen Punjab, hoewel die sterk Indiese toerspan die reeks met 4-1 beklink hety.
Namibië (228/9 in 50 boulbeurte) het Punjab (184 almal uit in 39.5 bb) is gister met 44 lopies by Wanderersveld geklop.
Shaun Fouché het uitstekend geboul en vyf-paaltjie-oes het hom die toekenning as speler van die wedstryd besorg.
Die betroubare linkerarm draaibouler Bernard Scholtz het Dinsdag ‘n “afdag” beleef, maar het gister weer met drie slagoffers gekook. JJSmit was met 55 lopies die Eagles se topkolwer.
Topvyf kolwers vir die Eagles: Smit (55 van 52 balle, 1x4, 4x6), Lo-han Lourens (36 van 66 b, 5x4), JP Kotzé (32 van 55 b, 5x4), Gerhard Erasmus (25,van 29 b, 3x4, 1x6), Zane Green (23,van 31 b, 2x4). Grenshoue vir Namibië: 18x4, 5x6.
Topvyf kolwers vir Punjab: Nehal Wadhera (58 van 46 b, 5x4, 3x6), Pratap Saharan (28 van 42 b, 4x4), Ramandeep Singh (25 van 17 b, 2x4, 1x6), Harpeet Brar (24 van 62 b, 1x6), Anmolpreet Singh (17 van 38 b, 1x4). Grenshoue: 13x4, 6x6.
Boulsyfers vir Punjab (14 ekstras afgestaan): Harpeet Brar (4/32 in 10), Mayank Markande (3/30 in 10), Ramandeep Singh (1/34 in 8), Brar Singh (1/45 in 8), Anmolpreet Singh (0/3 in 1), Naman Dhir (0/22 in 4), Shukla Aradhya (0/44 in 7), Saharan Uday Pratap (0/16 in 2).
Eagles (9 ekstras afgestaan): Shaun Fouché (5/39 in 10), Bernard Scholtz (3/34 in 8), Jan Frylinck (2/35 in 6.5), Erasmus (0/27 in 9), Junior Kariata (0/17 in 3), Hanro Badenhorst (0/27 in 3).

Wedstryd 4, Dinsdag
Ten spyte van JP Kotzé en Gerhard Erasmus se puik kolfwerk vir ‘n 109-vennootskap van 103 balle, het Namibië Dinsdag die vierde eendagwedstryd verloor.
Punjab (266 almal uit in 49.3 bb) het die Eagles (233 almal uit in 47.4 bb) met 33 lopies oorskadu.
Topkolwers vir Punjab was Pukhraj Mann (61 van 79 balle, 3x4, 1x6), Naman Dhir (56 van 44 b, 4x4, 3x6), Anmol Malhotra (37 van 50 b, 1x6) en Ramandeep Singh (30, 24 b, 1x4, 2x6), Anmolpreet Singh (30, 32 b, 7x4).
Eagles: Kotzé (63 van 61 b, 9x4, 2x6), Erasmus (57 van 62 b, 7x4, 1x6), Bernard Scholtz (30* van 47 b, 4x4), Shaun Fouché (19 van 31 b), Jan Frylinck (19 van 45 b).
Grenshoue: Punjab 18x4, 7x6; Namibië 20x4, 3x6.
Vir die Eagles het Ben Shikongo 3 paaltjies vir 48 in 9.3 boulbeurte geneem, bygestaan deur Frylinck (2/38 in 7), Erasmus (1/44 in 10), Fouché (1/38 in 7), Scholtz (1/66 in 9) en die tienerjarige nuweling Max Heingo (0/31 in 7).
Punjab se Jassinder Singh het met 5/22 in 8 uitgeblink.

Wêreldbeker Liga Twee (CWCL2)
Namibië se volgende verpligting is van 18 tot 26 Julie in Skotland met vier internasionale eendagwedstryde teen die Skotte en Oman in Dundee.
Kanada, Namibië, Nederland, Oman, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate ding in die CWCL2-reeks mee vir ‘n plek by die 2027 eendag-Wêreldbeker in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe.
[email protected]