Sternagel, De Vos en Du Plessis uitstaande
Moto-cross
Jong talent tree voortdurend na vore in die sport.
Swakopmund Moto-Cross het verlede naweek by sy herboude MX-baan oos van dié kusdorp die vierde ronde van die nasionale MX-kampioenskap vir agt klasse met ‘n propvol program aangebied.Die onderskeie klasse is goed ondersteun met ‘n totaal van 58 jaers wat in verskillende klasse weggespring het.
Dale Davies is vir ‘n slag terug ná ‘n afwesigheid, maar dié keer in die senior 125 cc-afdeling.
Die King of the Dirt was uiteraard weer die hoogtepunt van die dag, waarin 13 jaers gekwalifiseer het. Hoewel Mark Sternagel soos verwag weer hierdie resies ingepalm het, het die junior 125 cc-jaer, Juan de Vos, sy staal met ‘n tweede plek getoon. Die uiters talentvolle De Vos is besig om toenemend sy stempel af te druk.
Heelwat deelnemers (19) het met daglisensies ingeskryf en hopelik sal hierdie jaers binnekort as volwaardige MX-duiwels die baan aandurf om as deel van die nasionale kampioenskap punte te verdien.
Die belangrikste uitslae van die vierde ronde:
50 cc: 1 Carter Bouwer (69 punte), 2 Delmar du Plessis (67), 3 Mason Meyer (60), 4 Markus Pack (59), 5 Maximillian Skutsch (57).
65 cc: 1 De Wet du Plessis (68), 2 Oliver Mathews (64), 3 Duhan Steenkamp (62), 4 Markus Pack (61), 5 Paul Mans (57).
85 cc: 1 Khian Kotze (75), 2 Connor Bouwer (66), 3 Christopher Still (60), 4 Felix Wittreich (57).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (75), 2 Gero Friederich (66), 3 Bjorn Kebbel (60), 4 Marco Lindemeier (38), 5 Markus Muller (18).
Senior 125 cc: 1 Dale Davies (40).
Vroue: 1 Zoe Waldschmidt (75), 2 Ronja Friederich (66), 3 Abigail Still (60), 4 Maike Bochert (57), 5 Gabby Still (36).
Klubmans: 1 Sonny Wittreich (66), 2 Lourens du Plessis (59), 3 JC Lochner (58), 4 Gino Meyer (50).
Veterane: 1 Sigi Pack (225).
Ope-klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Rigo Wolf (66), 3 Tertius Joubert (59), 4 Tony Viljoen (58).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel, 2 Juan de Vos, 3 Gero Friederich, 4 Sigi Pack, 5 Bjorn Kebbel.
Topdrie posisies per klas in die nasionale kampioenskap ná vier rondes:
50 cc: 1 Carter Bouwer (294), 2 Markus Pack (240), 3 Mason Meyer (237).
65 cc: 1 Oliver Mathews (269), 2 Markus Pack (238), 3 Paul Mans (226).
85 cc: 1 Khian Kotze (294), 2 Connor Bouwer (242), 3 Christopher Still (2226).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (284), 2 Gero Friederich (267), 3 Bjorn Kebbel (234).
Senior 125 cc: 1 Dale Davies (40).
Vroue: 1 Zoe Waldschmidt (297), 2 Gabby Still (217), 3 Ronja Friederich (198).
Klubmans: 1 Lourens du Plessis (262), Sonny Wittreich (141), 3 JF van Eeden (104).
Veterane: 1 Sigi Pack (300), 2 Olaf Pack (132), 3 Ronald Geiger (126).
Ope-afdeling: 1 Mark Sternagel (300), 2 Rigo Wolf (264) , 3 Tony Viljoen (238).
King of the Dirt: 1 Sternagel (100), 2 De Vos (83), 3 Friederich (80).
– [email protected]