Swakoptydren bult nou tot 26 spanne

Motorsport
Tielman Van Lill
Op ietwat verrassende wyse het die M&Z Swakopmund-tydren wat môre en Saterdag by die kus plaasvind, vyf ekstra laat inskrywings ontvang.
Allan Martin en navigator Maretha Olivier (S4-klas, Skoda R5) en Hanré Myburgh/Anton Myburgh (S2, VW Polo) sal in die sedan-afdeling kompeteer.
Die veld-afdeling word deur Freddie van Niekerk/Andries Blaauw (CR1, Isuzu V6), Attie de Jager/Frikkie Engelbrecht (CR1, Ford Courier) en Johannes Grobler/Riaan Hennop (CR2, Polaris RZR) se teenwoordigheid aangevul.
Hanré het vir etlike jare nie aan tydrenne deelgeneem nie en sal gretig deur sy makkers verwelkom word.
As ‘n gewese Tara-tydrenkampioen het Allan Martin ook min bekendstelling nodig.
[email protected]