Swemmers gerat vir puik vertonings
Swem
Namibië bied vir die eerste keer sedert 2019 die Afrika Sone 4-swemkampioenskap met die ondersteuning van Debmarine en die Pupkewitz-stigting in die hoofstad aan.
Die Namibië Watersportfederasie (Nasfed) het gister met trots sy rol as gasheer van die 20ste Afrika Sone 4-swem- en oopwaterswemkampioenskap aangekondig. Die kampioenskap begin vandag by die munisipale swembad in Olympia en duur tot 8 Desember. Hierdie voorste kontinentale geleentheid sal topswemtalent van suidelike en Sentraal-Afrika ten toon stel.
Die volgende Sone 4-lande is teenwoordig – Angola, Botswana, Comore, Eswatini, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Seychelle, Zambië en Zimbabwe met Tanzanië en Uganda wat Sentraal-Afrika verteenwoordig.
Die langbadkampioenskap vind vanaf 4 to 7 Desember plaas waarna die oopwaterkampioenskap op 8 Desember by Oanobdam aangebied word.
Vanjaar se kampioenskap sal 380 swemmers bymekaarbring.
Saam met ’n toegewyde ondersteuningsnetwerk wat uit meer as 30 afrigters en spanbestuurders, 70 beamptes en 40 vrywilligers bestaan, is die kampioenskap ’n reusekompliment vir Nasfed.
Nasfed sê: “Die Federasie is verheug om swemmers en spanne van oraloor die vasteland te verwelkom. Ons bied met trots aan hulle die geleentheid om by ons wêreldklasgeriewe in Windhoek en die rustige omgewing van die Oanobdam deel te neem.
“Die byeenkoms sal regstreeks op verskeie platforms uitgesaai word en die kampioenskap sal na verwagting ’n beduidende impak op watersport hê wat die sportkode in Namibië en die hele Suider-Afrikaanse streek kan bevorder.
“Ons wens al die swemmers alle voorspoed toe!”
Namibië is die verdedigende Sone 4-kampioen. Dié titel het Namibië in 2023 in Luanda, Angola, opgeraap.
DIE NAMIBIESE AANSLAG
Nasionale span
Swem: Roze van Wyk, Suraya Ashikoto, Laila Joubert, Dané Mostert, Sofia Glen-Spyron, Roselinda Matyaiya, Ainoa Naukosho, Candice Rey, Victoria de Sousa, Mikayla Geyser, Gizelle Slinger, Ariana Naukosho, Salome Rey, Oelof Badenhorst, Patric Durand, Aiden Diehl, Jannes Coetzee, Daniel Bock, Ermano van Wyk, Willem Coetzee, Kabelo Hekandjo, Jeremy Musati, Michael Bauernschmitt, Nathan Bock, Robin Engelhard, Arkell Wellmann, René Viljoen, Corné le Roux en Brett Geyser.
Swem en oopwaterswem: Lara Steyn, Madison Bergh, Nora Schlabitz, Reza Westerduin, Maja Brinkmann, Carissa Steyn, Victor Engelhard, Riley Bergh, Rodney Feris, Luke Beukes, Lian Ellis, Lorenzo Esterhuizen en Liam Kinnaird.
Oopwaterswem: Isabella de Witt, Carlene Gertze, Kyra Marschall, Scarlett McNamara, Darius Kotze, James Langford, Alex Marggraff, Emma Brinkmann, Sandra Schnebel, Tristan Nell, Jörn Buchert en Noah Nell.
Nasfed-span
Swem: Olivia Wenk, Harry Kibble, Katja Dippenaar, Julian Erni, Tamryn Coetzee, Jeandre Armstrong, Lillian Kibble, Caleb Swartz, Aaliyah Losper, Lee-Jay Armstrong, Lillia Ellis, Justin Bezuidenhout, Cara Meyer, Kayleb Benade, Emma Brinkmann, Tristan Nell, Sandra Schnebel, Shuan Spangenberg, Mikayla Hansen, Jörn Buchert, Marlene Keding, Noah Nell, Brooklyn Ashipala, Jordan Bezuidenhout en Quelin Benade.
Die afrigters is Janis Stergiadis en Jean-Michael Leitner. – [email protected]