Tara begin sag te spin

Tydrenne
Die tradisie van vyf-en-'n-half dekades hou hierdie spoggerige tydren immergewild by deelnemers en toeskouers.
Tielman Van Lill
Windhoek-motorklub se 54ste Tara-tydren, ondersteun deur M&Z Motors, sal vanaf komende Donderdag tot Saterdag in en om Windhoek asook Rehoboth plaasvind.
Die eerste twee van die totale 18 supersneldele sal die Donderdagaand vanaf agtuur by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad gejaag word.
Vrydagoggend verskuif die aksie na Rehoboth waar die spanne vanaf 09:30 by die Rehoboth-inkopiesentrum sal wegspring. Die dag sluit teen 17:00 by die Tony Rust-renbaan af.
Die derde en laaste dag sal opnuut om 09:30 by die renbaan afgesit word en sal by dieselfde venue eindig. Uiteindelik wag ‘n totaal van 172 kilometer se jaagwerk, voor die laaste eindstreep om die wenners van die res te onderskei.

So werk die onderskeie klasse in twee afdelings:
Sedanklasse (S1 tot S4)
S1: Enjins tot 1 600 cc (2x4-aandrywing).
S2: 1 601 tot 2 000 cc (2x4-aandrywing).
S3: 2 001 tot 3 000 cc (2x4- en 4x4-aandrywing).
S4: 3 000 cc en meer asook turbo-aangedrewe of superaangedrewe enjins van 1 400 cc en meer (2x4- en 4x4-aandrywing).
Veldvoertuie (Rally Challenge-klas, CR1 en CR2)
CR 1: Ongeag enjinkapasiteit (2x4-aandrywing) uitsluitend ‘space frames’ en doelgeboude voertuie.
CR2: Ongeag enjinkapasiteit (2x4- en 4x4-aandrywing) insluitend ‘space frames’ en doelgeboude voertuie.
In die beginjare het sedanvoertuie en bakkies teen mekaar in ’n klas meegeding en die voertuie was oorwegend tweewieltrek.
Volgens beskikbare inligting is die eerste 4x4 wat die Tara in 1991 gewen het, ‘n Mazda B2600-bakkie. In 1992 het ‘n 4x4-VW Golf Syncro as wenner na vore getree, gevolg deur ‘n 4x4-Ford Saphire’s in 1992 en 1993.
‘n Plaaslike 4x4- Audi Quattro het in 2003 en 2004 die botoon gevoer. Die 4x4-Super 2000 ontwerp (S2000) het van 2009 sy verskyning gemaak met fabrikate soos die Toyota Auris en RunX, VW Polo en Ford Fiesta wat hoofsaaklik in die S3-klas meegeding het.
Die S4-klas het gevolg met die aankoms van die 4x4-turbogedrewe enjins van verskeie handelsmerke. Wilro Dippenaar (Ford Fiesta R5) en Allan Martin (Skoda Fabia R5) is twee plaaslike jaers met sulke blitsige vuurwaens.
Namate tegnologie ontwikkel het, is S2000’s wat tevore in die S3-klas sonder turboaandrywing gejaag het, tot die S4-klas opgegradeer.

Die Tara-wenners sedert 1969 (bestuurders eerste, gevolg deur navigators):
1969, Chris Liebenberg en André de Jager.
1970, Pix von Prittwitz/Larry Kritzinger.
1971, Dieter Gaus/Udo Weck.
1972, Louis Cloete/Willem van Heerden.
1973, Louis Cloete/Willem van Heerden.
1974, Jannie Kuun/Peter Gaus.
1975, Buks Visser/Ingo Kiesewetter.
1976, Geoff Mortimer/Chris Hawkins.
1977, Sarel van der Merwe/R. de Jager.
1978, Geoff Mortimer/Spotty Woodhead.
1979, Uwe Molzahn/Louis v Zyl.
1980, Manie Swanepoel/Siggi Wiedenroth.
1981, Sarel van der Merwe/Franz Boshoff.
1982, Jürgen Engling/Peter van der Merwe.
1983, Johan Hugo/Deon Barnard.
1984, Laurence Koch/Dippies Dippenaar.
1985, Laurence Koch/Dippies Dippenaar.
1986, Rolf Pretorius/Hans Pretorius.
1987, Piet Oosthuizen/Wolfgang Pack.
1988, Llewellyn Anthony/Jan Gous.
1989, Theo Coetzee/Willem Hugo.
1990 Uwe Kessler/Brian Enslin.
1991, Junior Bruwer/Wicus Bruwer.
1992, Johan Evertse/Peter Cuffley.
1993, Roelof Coertze/Martin Botha.
1994, Roelof Coertze/Jillian Tarlton.
1995, Fritz Flachberger/Wicus Bruwer.
1996, Serge Damseaux/Pierre Arries.
1997, Llewellyn Anthony/Wicus Bruwer.
1998, Enzo Kuun/Martin Botha.
1999, Richard Himmel/Adolf Botes.
2000, Serge Damseaux/Guy Hodgson.
2001, Hannes Grobler/Richard Leeke.
2002, Schalk Burger/Piet Swanepoel.
2003, Gerhard Truter/Tobie Barlow.
2004, Gerhard Truter/Michael van Zyl.
2005, Ettienne Lourens/André Vermeulen.
2006, Richard Himmel/Adolf Botes.
2007, Jean-Pierre Damseaux/André Vermeulen.
2008, Jean-Pierre Damseaux/André Vermeulen.
2009, Hergen Fekken/Pierre Arries.
2010, Hergen Fekken/Pierre Arries.
2011, Wilro Dippenaar/Morné du Toit.
2012, Willie Dames/Armand du Toit.
2013, Japie van Niekerk/Gerhard Snyman.
2014, Japie van Niekerk/Gerhard Snyman.
2015, Richard Slamet/Wiets Coetzee.
2016, Japie van Niekerk/Robin Houghton.
2017, Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen.
2018, Japie van Niekerk/Gerhard Snyman.
2019, Allan Martin/Maretha Olivier.
2022 Steven Marnewick/Jodine van Zyl.
2023, Wilro Dippenaar/Carolyn Swan.
2024, ?

Tara 2024 – voorlopige inskrywings
Die Tara word vanjaar met een inskrywing uit Suid-Afrika bederf. Paul van Wyk en Matt Kohler van die Westelike Provinsie-motorklub sal met ’n S4-Audi S3 die Namibiërs se vernuf kom toets.
Sestien voorlopige inskrywings is ontvang. Die veldklas vir bakkies en doelgeboude voertuie het nege spanne, terwyl die sedan-afdeling sewe deelnemers het.
S4-klas
Kar nommer 1, Allan Martin en navigator Maretha Olivier (4x4-Skoda Fabia R5)
Nr. 469, Paul van Wyk/Matt Kohler (4x4-Audi S3).
Nr. 77, Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (4x4-Ford Fiesta R5).
Nr. 92, Stefanie Botha/Amanda Hugo (4x4-Subaru Impreza).
S2-klas
Nr. 43, Zachary Martin/Anique Schoeman (2x4-VW Polo).
Nr. 33, Wido Bartsch/Raymond Fourie, (2x4-VW Polo).
S1-klas
Nr. 79, Pieter Greeff/JP Robinson (2x4-Toyota Corolla).
CR2-klas
Nr. 44, Ruaan Viviers/Cecil Koorts (4x4-Renault Duster 5.0 liter V8).
Nr. 84, Loic Bathfield/Johan Steyn (2x4-Century Racing CR6 5.0 lt V8).
Nr. 919, Rian Kritzinger/MP Pretorius (4x4-Ford Ranger 5.0 lt V8).
Nr. 28, Jandré Dippenaar/Gielie Visser (4x4-Toyota Hilux 5.0 lt V8).
Nr. 201, Werner Bartsch/Christel Fourie (4x4-Ford Courier 3.0 lt V6).
CR1-klas
Nr. 07, WJ Schoeman/Chané Havenga (2x4-Toyota Hilux GD6).
Nr. 215, Ekko Eisenberg/Horazio Rietz (2x4-JAC T8 5.0 lt V8).
Nr. 818, Chrizelda Engels/Ruan de Lange (2x4-Nissan Hardbody 4.0 lt V8).
Nr. 999, Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (2x4-Toyota Hilux 4.0 lt V8).
[email protected]