Uiterse toets vir ruiter en perd deur Namibwoestyn

Uithouritte
Tielman Van Lill
Die Namibian Endurance Desert Challenge van die Namibiese Perdesportfederasie (Namef) het vanoggend douvoordag buite Swakopmund begin.
Die uithouritbykoms duur tot môre en spanne van Suid-Afrika en die gasheerland sal in die junior, liggewig- en standaardgewigafdelings sake op ‘n roete deur die duine van die Namibwoestyn uitspook.
Individuele en spankompetisies sal op afstande van 20, 30, 40, 60, 80 en 120 kilometer beslis word.
Die beheerliggaam Namef sê: “Baie geluk aan die ruiters wat nasionale kleure verwerf het om Namibië by die gesogte Endurance Desert Challenge teen Suid-Afrika te verteenwoordig. ‘n Hartlike welkom aan die Suid-Afrikaanse spanne, families en vriende.”
Die prysuitdeling vind môre 09:30 by die Rössmund-gholfklub plaas.

Die Namibiese spanne
Juniors (60 kilogram): Milan Steyl, Mia-Maria Biewenga, Dirk Rossouw, Corelie Coetzee en Soné Meeser.
Liggewig (tot 69.99 kg): Suné Swart, Agies Mohale, Tiffanny van Zyl, Kordula Voigts en Kirsty Fourie.
Standaardgewig (70 tot 94.99 kg): Carmen Derks, Isak Skrywer, Eltrin Makondo, Wilfried Steyn en Adri Erwee.

Die RSA-spanne
Juniors: Danielle Joubert, Johaney Beän, Meah du Toit, Stephan Lauwrens en Helena Louw.
Liggewig: Hesmari Bosch, Emile Visagie, Antoine Roestorf en Bianca Steyn.
Standaardgewig: Dawie de Meyer, Julia de Kock, Tehillah Kasselman, Marjulyn Myburgh en Urich Bosch.
Die kompetisie word deur Animals in Motion (AIM), beau bums, Capri Corn Asset Management, Dulux Paints, Equifeeds, Flo-Tek, Genair, Koha-gastehuis, Molatek, Namibia Wine Merchants, Obeco, Restonic Namibia, Rössmund-gholfklub, Ruah Bloom, Sanlam, Seawork Seafood, Sinclair Services en Swakopmund Reiterverein ondersteun.
[email protected]