Uithourit sal Henties bederf

Perdesport
Perd-en-ruiterkombinasies van oraloor die land word aangemoedig om in te skryf.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Uithouritfederasie (Nerf) se langverwagte Puma Energy Namibiese perde-uithouritkampioenskap gaan op 23 en 24 Augustus in die pragtige omgewing van Hentiesbaai gehou word.
Nerf het in sy verklaring gesê: “Hierdie geleentheid beloof 'n buitengewone ervaring waar die rustige skoonheid van die see die uitgestrektheid van die woestyn ontmoet.
“Uithouritruiters van regoor Namibië word hartlik uitgenooi om aan die unieke byeenkoms deel te neem waar beide span- en individuele kompetisies gekombineer word.
“Dagruiters kan ook aan die opwinding met 'n skilderagtige 20 kilometerroete deelneem. Die opsie beloof om die kompetisie inklusief en opwindend vir alle vlakke van uithourit-entoesiaste te maak.
“Toeskouers word aangemoedig om ‘n ongelooflike vertoning van uithouvermoë en vaardigheid by te woon en te aanskou. Kosstalletjies sal regdeur die geleentheid beskikbaar wees, wat 'n feestelike en genotvolle atmosfeer vir almal sal verseker.
“Berei voor om 'n reis van uithouvermoë en kameraadskap te midde van die asemrowende landskappe van Namibië. Die Namibiese uithouritkampioenskap beloof om opnuut 'n onvergeetlike geleentheid vir ruiters sowel as toeskouers te wees. Ons sien daarna uit om almal in Hentiesbaai vir hierdie ongeëwenaarde ervaring te verwelkom!
“Vir verdere besonderhede of navrae oor die skouspelagtige geleentheid, kan ruiters en belangstellendes Jan Fourie, die Nerf-president, by 0813177181 kontak.

Program
Vrydag 23 Augustus: Afstande wissel van 20 km tot 100 km.
Saterdag 24 Augustus: Afstande van 20 km tot 'n indrukwekkende 120 km wat die kampioenskapsklasse insluit.
[email protected]