Uitverkore 38 vir Afcon-kwalifisering

Sokker
Brian Munango
Die nasionale afrigter, Collin Benjamin, het die voorlopige groep vir die Brave Warriors aangekondig, wat onderskeidelik op 7 en 10 September in die komende 2025 Afrika Nasiebeker-uitdunrondte teen Kameroen en Kenia sal meeding.
Die verkose spelers moet op 19 Augustus om 08:00 by NFA Sokkerhuis aanmeld, waar hulle met intensiewe voorbereiding vir die belangrike September-wedstryde sal begin.
Vier van die dryfvere van die Karasburg-span Young Brazilians se merkwaardige seisoen is beloon, naamlik doelwagter Donal Boois, middelveldspelers Quinton van Staden en Pollen Rooi asook die doelskieter Vicentius Jobs.
Die voortgesette uitsluiting van Willy Stephanus (African Stars) en die 21-jarige Rewaldo Prins (wat verlede maand vanaf Khomas Nampol by Marumo Gallants in RSA aangesluit het) ten spyte daarvan dat hulle die gesamentlike voorste doelskieters in die Debmarine Premierliga-seisoen geëindig het, bly sommige waarnemers verstom.
Die Brave Warriors is in kwalifiserende Groep J saam met Kameroen, Kenia en Zimbabwe geloot, met wedstryde wat van September tot November 2024 geskeduleer is.
Doelwagters: Loydt Kazapua (Sekhukhune), Edward Maova (Golden Arrows), Ndisiro Kamaijanda (African Stars), Jonas Matheus (Ongos), Donald Boois (Young Brazilians).
Verdedigers: Ivan Kamberipa (Orapa United), Erasmus Ikeinge (Khomas Nampol), Charles Hambira (African Stars), Riaan Hanamub (Amazulu), Tuli Nashixwa (Tigers), Arend Abubakir (Blue Waters), Erastus Joseph (Namibia Correctional Service FC), Edmund Kambanda (African Stars), Kennedy Amutenya (onverbonde, op pad na Abahani United in Bangladesj), Ngero Katua (vanaf Unam na African Stars).
Middelveldspelers: Quinton van Staden (Young Brazilians), Tjipee Karuoombe (Unam), Paulus Amutenya (Unam), Edmar Kamatuka (Sekhukhune), Romeo Kasume (onverbonde), Deon Hotto (Orlando Pirates), Aprocius Petrus (Kaapstad), Moses Shidolo (van Chula Chula tot Matabele FC), Ndjiraera Maharero (African Stars), Lawrence Doeseb (Chula Chula), Fares Haidula (Chula Chula), Ben Namib (Khomas Nampol), Rikambura Muundjua (African Stars), Simon Elago (Ongos), Pollen Rooi (Young Brazilians), Prins Tjiueza (Cape Town City).
Voorspelers: David Ndeunyema (Blue Waters), Punaje Katjimune (Ongos), Vicentius Jobs (Young Brazilians), Peter Shalulile (Mamelodi Sundowns), Betheul Muzeu (Black Leopards), George Frans (Khomas Nampol), Erastus Kulula (Blue Waters).