Walters en Bergh pluk vrugte in gholffinaal

Gholf
Tielman Van Lill
Die finaal van die 2024 Nedbank For Good-gholfreeks is Vrydag by Omeya se baan afgehandel, waar Cehesta Walters en Burger Bergh as die kampioene in die vroue- en mansafdelings bekroon is. Bergh se inskrywing het by die agterdeur ingesluip toe sy klubmaat Johnny Lewis van Gobabis hom aan die finaal onttrek het. Bergh was tweede in die Nedbank for Good-toernooi by Gobabis wat Lewis gewen het. Gevolglik was Bergh die eerste keuse toe Lewis nie beskikbaar was om in die eindtoernooi te speel nie. Agra ProVision was die begunstigde vir N$250 000 wat vanjaar tydens die tien landwye toernooie in die Nedbank for Good-reeks ingesamel is. Agra ProVision werk in die versterking van die landboousektor deur die oordrag van mentorskap en kundigheid. Van links is Bergh, Walters en Gernot de Klerk van Nedbank Namibia. Foto Tielman van Lill