Warm aksie by DTS op die spyskaart

Inlynskaatshokkie
Tielman Van Lill
Die Kamikaze-inlynskaatshokkieklub bied vanaf vandag tot Sondag by die Deutscher Turn und Sportverein (DTS) sy jaarlikse FNB-ligatoernooi aan.
Dis die vierde van vyf nasionale ligatoernooie waarin die gasheerklub, asook Coastal Pirates, Badgers en Scorpions sake vir punte uitspook. Ná die vyfde kompetisie sal die topvier spanne in elke afdeling vir die nasionale kampioenskap voorberei wat van 1 tot 3 November plaasvind.
Die byeenkoms is die laaste voordat die nasionale spanne na Italië vir die Wêreldskaatsspele vertrek. Die Spele bied twaalf skaatsdissiplines aan.
Vier nasionale spanne sal Namibië van 29 Augustus tot 22 September by die Wêreldskaatsspele in Roccarraso, Italië, verteenwoordig.
Die nasionale spanne van die Namibiese Ys- en Inlynskaatshokkievereniging is soos volg aangekondig.
Senior vroue: Ané de Koning, Ania Borstlap, Christine Gerber, Christine Röttcher (assistentkaptein), Corinna Weimann (assistentkaptein), Kamogelo Dax, Lana Bajorat, Laura Weimann, Leighzené Coetzee (kaptein), Mia von Dewitz, Maja von Somnitz en Tayla de Jager. Doelwagters: Michelle Wirtz en Lea Reiff.
Junior vroue: Ané de Koning (assistentkaptein), Ania Borstlap (assistentkaptein), Christine Gerber, Kamogelo Dax, Lana Bajorat (kaptein), Laura Weimann, Leighzené Coetzee, Maja von Somnitz, Mia von Dewitz en Tayla de Jager. Doelwagters: Dominique Bates en Lea Reiff.
Senior mans: Alex Wirtz, Amandus Röttcher (assistentkaptein), Anko Lucks (assistentkaptein), Christiaan Coetzee (kaptein), Enrico de Azevedo, Josua Zeferinu, JW Coetzee, Micca de Azevedo, Rainer Bingham, Sean Liechti, Theo Borstlap en Valerik Hilbert. Doelwagters: Arian van der Plas en Josef Zeferinu.
Junior mans: Abé van der Merwe, Bastian Guttzeit, Enrique Miranda, Fabian Metz, George Tjaahapi, Kandiwapa Schutt, Kyron Ihlein (assistentkaptein), Lourens Borstlap, Lucca de Azevedo, Noel Nambahu, Sean-Oliver Kirchner (assistentkaptein) en Theo Borstlap (kaptein). Doelwagters: Mattie Stommel en Tobias Rannersmann.
Nadia Schmidt is die hoofafrigter en word deur Trevor Cormack bygestaan. Die spanbestuurders is Jürgen Rannersmann (mans) en Martie Bajorat (vroue).
Om geld vir die toer in te samel, bied die DTS-klub Saterdag van 11:00 tot 16:00 ‘n frühschoppen aan waar American Rick en DJ Benni musiek sal verskaf.
[email protected]