Omaheke-streekbiblioteek ondersteun skaakontwikkeling

Mariud Ngula
Die Namibiese Skaakfederasie (NCF) het op 1 Julie ’n eendagtoernooi gehou wat gelei het tot die ontwikkeling van die sport op die dorp.
NCF het verskeie volledige skaakstelle geskenk, wat die Omaheke-streekbiblioteek toegelaat het om die sentrale skaaklokaal te word. “Die toernooi is een van die sewe wat vir Julie beplan word,” het Goodwill Khoa, president van die NFC, gesê.
“Baie dankie aan die Omaheke-streekbiblioteek vir die ondersteuning van die ontwikkeling van skaak deur die gebruik van hul fasiliteite op ’n Saterdag.”
Al die jongste uitslae kan by https://chess-results.com/fed.aspx?lan=1&fed=NAM gevind word waar uitslae onmiddellik beskikbaar is.
Die geleentheid het verskeie skaakspelers van Windhoek, Okahandja en Gobabis gelok.
“Ons het nog twee komende skaaktoernooie en ons nooi graag die publiek om te kom kyk of aan die toernooie deel te neem: die Namibië Nasionale Senior (50) Skaakkampioenskappe wat van 7 tot 9 Julie in Windhoek plaasvind, en die Zambezi Ope-toernooi op 15 Julie. Belangstellende individue kan registreer om te speel deur my by 081 223 1961 te skakel,” het hy afgesluit.