FlyNamibia sluit by GDS aan; brei netwerk uit

Mylpaal vir lugredery
Ogone Tlhage
FlyNamibia het onlangs by die vennootaandeelhouer Airlink aangesluit om sy vlugte en dienste aan reisagente wêreldwyd op die Global Distribution System (GDS) te bevorder.
Deur GDS, het Airlink wêreldwye omvang en die vermoë om sy produkte in baie markte te vertoon en te verkoop. FlyNamibia geniet nou ook dieselfde wêreldwye toegang op 'n franchisenemer-basis.
Airlink is 'n 40%-aandeelhouer in FlyNamibia.
André Compion, besturende direkteur van FlyNamibia, het die stap verwelkom en gesê dit is 'n groot mylpaal vir die lugredery.
“Om by die GDS aan te sluit sal 'n hupstoot vir Namibië wees omdat dit ons vlugte, netwerk en skedule sigbaar maak vir kliënte in dele van die wêreld waartoe ons tot nou toe nie toegang gehad het nie.
"Dit stel ons ook in staat om kliënte 'n gerieflike, gebruikersvriendelike en naatlose besprekingsplatform te bied," het hy gesê.
Rodger Foster, besturende direkteur van Airlink, het gesê die ontwikkeling het gehelp om sy dienste in Namibië te versterk.
Dienste versterk
“Dit is een van die logiese vorderings wat ons in die vooruitsig gestel het toe Airlink verlede September in FlyNamibia belê het. Dit sal ons help om lugdienste binne Namibië te versterk en die Namibiese Lughawensmaatksappy te ondersteun in die posisionering van Windhoek se Hosea Kutako Internasionale Lughawe as 'n alternatiewe Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) streekspoort.
"Deur konnektiwiteit te bou en FlyNamibia se reik uit te brei, sal ons nuwe markte en doeltreffendheid vir Namibië se sake-, handel-, reis- en toerismesektore ontsluit," het hy gesê.
FlyNamibia se toegang tot GDS sal ook Namibië se ekonomiese uitbreiding deur reis help.
“Namibië se ekonomiese uitbreiding stimuleer die vraag na reise na en van die land. FlyNamibia se toegang tot die GDS verbeter ons vermoë om hierby in te skakel en nuwe markte eksponensieel uit te brei. Terwyl ons nader beweeg en ons verhouding met Airlink verdiep, sal FlyNamibia voortgaan om sy eie vlugte te bedryf en sy eie unieke handelsmerk en beeld te behou,” het Compion gesê.
Die ontwikkeling val ook saam met die bekendstelling van dienstebetween Lüderitz and Windhoek by FlyNamibia, in samewerking met TotalEnergies.